.:Educational:.
Home
Lefthandedness
Learning Problems
Home Work Help
Books
Contact Us
About Us
.:Fun:.
Home
Places to visit
Fun stuff
Games
Stories
Poems
Free Stuff

Kidsnet Linkshandigheid Bespreek

Linkshandigheid is nie 'n vloek nie - Linkshandige in die skool


Alhoewel dit soms vir ouers kan voel dat linkshandigheid inderdaad 'n gebrek is weens verskeie probleme wat hulle kinders in die aanvanklike grondslagfase van skool beleef, is linkshandigheid nie 'n vloek nie.

Die grootste probleem omtrent handigheid is dat dit vereenvoudig word tot die hand waarmee die kind skryf. Niks kan verder van die waarheid wees nie. Handigheid is slegs een deel daarvan. Die oorsprong is in die brein en dus is die eintlike probleem nie die hand waarmee gerskryf word nie, maar die denkwyse.

Die denkwyse is slegs 'n probleem in die skoolsisteem omdat daar nie voorsiening gemaak is vir linkshandige denkers nie. Die meestal regterbrein georienteerde linkshandige pas nie in die sisteem wat vir regshandiges en dus linkerbrein dominante leerders ontwikkel is nie.

Ongelukkig is mense maar traag om te verander en moet jy liefs nie die sisteem aanvat nie want soos met alles in die wereld wil mense nie graag erken dat iets wat hulle al jare gebruik eintlik verkeerd is nie. Maak jou reg vir 'n geveg vir jou kind want jy moet keer dat die onderwyser nie sy of haar moed breek, jou kind afkraak of maak voel dat hulle 'n agterstand het omdat hulle links is nie.

Reg om Links te Wees
Lees Meer...

Linkshandigheid is inderdaad 'n probleem vir die skoolsisteem. Werksboeke is ontwerp om dit so maklik moontlik vir die regshandige te maak om te skryf sonder dat die werk smerig is. Ongelukkig geld dieselfde nie vir die linkshandige leerder nie. Die linkshandige leerder moet maniere kry om te voorkom dat die ink en potlood smeer. Die skrif onder die hand en aan die linkerkant van die hand is nie sigbaar nie. Dit maak dit uiters moeilik om in leesbare vorm vinnig genoeg te kan skryf.

Die gevolg is dat onderwysers dikwels kla dat die linkshandige leerder te stadig werk instede daarvan om vir die kind ekstra tyd te gee juis omdat die kind die struikelblokke het en dus meer tyd nodig het om die werk netjies te voltooi as die regshandige.

Ander onderwysers sal druk op die leerder toepas om vinniger te skryf en in die gegewe tyd klaar te maak, net om daarna te kla oor die slordige onleesbare skrif en verskeie foute asook die smerigheid van die werk.

Die oplossings vir bogenoemde en vele meer probleme wat die linkshandige kind voor te staan kom in die skool word in die elektroniese boek "Die Reg om Links te Wees" deur Isebell Gauche bespreek. Indien jy oplossings soek wat ongelukkig nie deur die skool vir jou voorgestel sal word nie en jou kind dus altyd as die verloorder sal blyk, koop die boek " Die Reg om Links" te wees vandag. Daar is oplossings en daar is antwoorde. Gee jou kind 'n gelyke kans om te presteer. Leer hoe deur die boek " Die Reg om Links" te wees.


----------------
Linkshandigheid
Bekende linkshandiges
Die Reg om Links te Wees
Hulp met skrif
Linkshandigheid is nie 'n vloek nie
Klas hulp
Linkshandigheidsdag
Feite oor Linkse Mense

Beroepe vir Linkshandiges

 


 
   
.:Opvoeding:.
Hoofblad
Linkshandigheid
Leerprobleme
Huiswerk
Boeke
Kontak Ons
Oor Ons

.:Pret:.
Hoofblad
Plekke om te besoek
Pretgoed
Speletjies
Stories
Gedigte
Gratis

All Rights resevered to Kidsnet 2010©
Designed by ScareCrow and KIDSNET Linkshandige,
Design provided by Free Web Templates - your source for free website templates Linkshandigheid, Linkshandige, Skoolsisteem