|
Al ooit gewonder watter beroepe is meer geskik vir
linkshandiges?
Volgens studies is linkshandiges meer geneig
om beroepe te volg waar daar nie vaste roetines en
regulasies is nie. Hulle kreatiewe gees en holistiese
denke maak dit moeilik vir hulle om in beroepe te
werk waar hulle onafhanklikheid en unieke manier van
doen en dink beperk word. As sulks is daar min linkshandiges
in beroepsvelde soos administrasie, onderwys en rekeningkunde.
Linkshandiges
kom wel baie voor in beroepe waar hulle kreatiwiteit
uitgeleef kan word, waar hulle 'n voordeel het en
waar daar met mense gewerk word. Van die gewildste
beroepsvelde vir linkshandiges is hieronder gelys:
- Vermaak
(media, drama, komedies, dans en musiek)
- Inligtingstegnologie
(Internet, ontwerp, ondersteuning, programmering
en rekenaarspeletjies)
- Wetenskap
( hulle is goed verteenwoordig in die veld miskien
oor hulle natuurlike nuuskierigheid)
- Kunste
& Kultuur (fotografie, skilder, skryf, joernalistiek,
grafiese ontwerp en beeldhou)
- Sport
(tennis, sagtebal, krieket, boks en skerm)
- Politiek,
Kommunikasie & Openbare Optrede
(maak goeie leiers, het bogemiddelde spreker talent
en verstaan die kuns van kommunikasie).
Linkshandiges
is nie goed verteenwoordig in die gesondheidsvelde,
administrasie en onderwys nie. Min van hulle werk
in die tandheelkunde veld miskien oor die toerusting
wat vir regshandiges gemaak is. Min snydokters word
gevind ook weens toerusting en omdat so baie medici
nie graag saam met linkshandiges werk nie. Hulle moet
hulle hele werkswyse verander om aan te pas by die
linkshandige.
Min
linkshandiges
word gevind in beroepe waar meganiese toerusting gebruik
moet word. Hulle maak blykbaar ook nie goeie tuiste
skeppers nie.
Leer
meer oor linkshandiges in die boek 'Reg om Links te
Wees' deur Isebell Gauche.

Lees
Meer...
----------------
Linkshandigheid
Bekende
linkshandiges
Die Reg om Links
te Wees
Hulp met skrif
Linkshandigheid
is nie 'n vloek nie
Klas hulp
Linkshandigheidsdag
Feite
oor Linkse Mense
|