Linkshandiges- Lefthanders

 
Left - misconseptions Hoe bepaal mens linkshandigheid?
Lefthandedness -humor Leer meer oor die "Reg om Links te Wees"
Creativity Famous lefthanders - Leonardo da Vinci
New Findings in Britain Linkshandigheid is nie 'n vloek nie
Products for the lefthanded  
   
   

Wenke om die linkshandige met skrif te help:

  • Kantel die papier 30 grade na regs
  • Maak 'n pyltjie in die regterhoek (onder) sodat die leerder die pyltjie na sy linkerskouer wys
  • Die papier moet aan die linkerhelfte van die liggaam geplaas word
  • Die pen of potlood moet ongeveer 2 cm van die punt vasgehou word, sodat die leerder sy skrif kan sien
  • Die papier moet met die regterhand vasgehou word bokant die skryflyn
  • Die linkerhand moet op die papier rus
  • Oefen om met die vingers te beweeg eerder as die totale arm

Tips to correct handwriting :

  • Turn paper 30 degrees to right
  • Place an arrow in the right bottom corner - the paper is turned until the arrow points to the left shoulder
  • The paper should always be placed on the left part of the body
  • Hold the pen or pencil 2 cm from the tip - this ensures that the learner can see his writing
  • Hold the paper in place with the right hand - above the writing line
  • The left hand should rest on the paper
  • Practice using the fingers for movement rather than the whole arm

Oefeninge vir leerlinge wat te hard skryf

Plaas die papier teen die muur. Laat die leerling sy skryfwerk so doen vir 'n paar kere. Dit is net wanneer die leerling met potlode of vetkryte werk en nie vir gewone penwerk nie.

Neem drie papiervelle en plaas 'n vel deurslagpapier tussen in. Maak 'n speletjie daarvan dat die skrif nie mag deurskyn op die onderste vel nie.

 

Exercises for pupils to ensure lighter writing

Place the paper against the wall. Let the pupil do his writing work on the paper against the wall for a while. This will not work with an ink pen.

Take three papersheets and place a carbonsheet between the sheets of two of them. The learner should try not to let writing appear on the bottom one.

 

 

 

Belangrike wenk vir die onderwyser:
Dikwels word van die leerder verwag om 'n prent oor te teken. Indien die prent aan die linkerkant van die bladsy is, neem asb. in ag dat dit moeiliker is vir die linkshandige om presies oor te teken - want hy/sy moet hulle kop deurentyd draai en weer die oog fokus op wat hulle teken, en dan is die prent nog toegemaak met die arm of hand. Die leerling moet dus dan op geheue gaan.

Oplossing:

Probeer in soveel moontlike gevalle, die prent aan die regterkant plaas of selfs bo. Dit gee die leerling dieselfde geleentheid as vir die regterhandse leerling en sal help dat hy vinniger kan werk. Sien voorbeeld onderaan.

Important tip for the teacher

When asked to draw a picture situated on the left side of a column or page (when the child is expected to draw it in the right column), the lefthanded child faces certain difficulties:

1) Picture cannot be seen as the arm or hand cover it
2) The child is forced to turn his head several times to view the picture and then has to re-focus on the space where he has to draw. He will thus work slower, make more mistakes and has to rely on his memory.

Solution:

Try to place the picture on the right of the space where the child is to draw. This gives him an equal chance to perform. See below.

 

Voorbeeld - Example

Kind moet nou die prent oorteken in hierdie area met moeite

The child is supposed to draw the picture in this space - with difficulty

x

Die linkse kind sal makliker kan oorteken in hierdie spasie

The lefthanded child will be able to draw the picture in this space with more ease

 

Author: Isebell Gauche