Hoe
bepaal mens handigheid?
8 Januarie 2006 Outeur: Isebell Gauché
Daar is beter
metodes om handigheid te bepaal as wat in hierdie atikel gebruik word,
maar dit behels breinskanderings en van die metodes is gevaarlik. Ouers
en opvoeders kan egter maklik en op 'n prettige wyse kinders se handigheid
bepaal. Handigheid dui mee as die blote skryfhand aan. Dit behels dat
die meerderheid aktiwiteite met die betrokke hand uitgevoer word, hetsy
links of regs of gebruik van albei hande. Daar is ook 'n kontinuum van
die sterkte van handgebruik. 'n Leerder kan 'n sterk of swak linkshandige
of regshandige wees.
Die handgebruik
gaan gepaard met linker of regterbrein dominansie. Linkshandiges is meerendeels
regterbrein dominant en regshandiges linkerbrein dominant. Dit beinvloed
die wyse waarop 'n leerder kennis inneem, werwerk en weergee sowel as
sy hantering van die omgewing en mense rondom hom.
Dit is belangrik
om 'n kind se handigheid vas te stel aangesien 'n kind wat links is op
'n ander wyse geleer word om te skryf en sekere voorsieninge gemaak behoort
te word sodat hy ook gemaklik skryf, lees en leer. Bo en behalwe hand
dominansie is daar ook oor, oog en voet dominansie wat dit ingewikkelder
maak. Die
onderstaande kan gebruik word om jou, 'n leerder of jou kind te toets.
Indien jy 'n leerder toets moet nie vir hom sê waaroor dit gaan
nie, aangesien dit hom of haar kan beinvloed.
Plaas 'n regmerkie langs die relevante keuse
1. Met watter
hand skryf jy? LINKS_ REGS_ ENIGE_
2. Met watter hand gooi jy 'n bal? LINKS_ REGS_ ENIGE_
3. Met watter hand teken jy? LINKS_ REGS_ ENIGE_
4. Met watter hand hou jy jou tandeborsel vas? LINKS_ REGS_ ENIGE_
5. Met watter hand hou jy 'n draai jy 'n sleutel in die sleutelgat? LINKS_
REGS_ ENIGE_
6. Met watter hand draai jy 'n houer se deksel los? LINKS_ REGS_ ENIGE_
7. Met watter hand hou jy 'n uitveër vas wanneer jy iets uitvee?
LINKS_ REGS_ ENIGE_
8. Met watter hand ryg jy 'n stuk garing deur 'n naald (watter hand hou
die garing vas) ? LINKS_ REGS_ ENIGE_
9. Watter hand hou die hammer vas as jy 'n spyker inslaan? LINKS_ REGS_
ENIGE_
10.Watter hand is bo-aan die besem se steel as jy vee? LINKS_ REGS_ ENIGE_
11.Met watter hand sny jy met 'n mes? LINKS_ REGS_ ENIGE_
12. Watter hand hou die borsel vas wanneer jy jou hare borsel? LINKS_
REGS_ ENIGE_
TOTAAL _______________
1. Tel die totaal van LINKS, REGS en ENIGE afsonderlik op.
2. Vermenigvuldig die totaal van REGS keuses met 3. Die getal = R
3. Vermenigvuldig die getal van ENIGE keuses met 2. Die getal = E
4. Tel R+E+ (getal LINKS keuses) bymekaar. Die som daarvan is jou punt.
Puntetelling
Hand Dominansie
33 tot 36 Sterk Regshandig
29 tot 32 Gemiddeld Regshandig
25 tot 28 Swak Regshandig
24 Beide hande
20 tot 23 Swak Linkshandig
16 tot19 Gemiddeld Linkshandig
12 tot 15 Sterk Linkshandig
Die
e-boek formaat van "Die Reg om Links te Wees" is nou beskikbaar
hier by Kidsnet.
Die boek is gevul met waardevolle wenke, hulpmiddels
en besprekings aangaande linkshandigheid. Dit is 'n moet hê vir
enige opvoeder, ouer of linkshandige. Elkeen van ons ken iemand wat links
is. Nie almal verstaan die verskil tussen linkshandigheid en regshandigheid
nie. Nou het jy die geleentheid om dit te leer. Die linkshandige het 'n
heel ander denkwyse en miskien het jy tot nou toe nog nie die linkse leerders
in jou klas, jou linkse kind se humorsin of uitkyk op die lewe verstaan
nie.
Dalk
is daar 'n rede waarom die linkshandige soms as dromer voor kom en net
dalk is die linkshandige nie lomp of vreemd nie. Anders as wat dikwels
aangeneem word is die linkshandige nie presies die teenoorgestelde van
die regshandige nie. Miskien sukkel jou kind met letters omruil of dalk
stamel hy of sy soms oor hulle eie woorde as hulle ontsteld word. Wat
van daardie holistiese uitkyk op die lewe? Skop jou kind regs maar doen
alles anders linksom? Wil jy weet hoekom? Wil jy weet wat die linkshandiges
dink en hoekom hulle soms meer sensitief is vir lyftaal as die regshandiges?
Het jy gewonder hoekom jou linkse eggenoot die fyn ondertoon in jou stem
so maklik waarneem? Kom deel in die wêreld van die linkshandige.
Bestel jou kopie van die e-boek "Die Reg om Links te Wees"
deur Isebell Gauché, 2009.

Jy
kan dit hier bestel en met 'n kredietkaart betaal. Ons maak gebruik van
die Setcom intydse kredietkaart betalingsmeganisme. Druk op die knoppie
hieronder: Setcom om dit per kredietkaart te betaal en in jou epos te
ontvang. As alternatief kontak
ons per epos vir ons bankbesonderhede en maak 'n elektroniese oorplasing.
e-Boek:
Die Reg om Links te Wees
Outeur: Isebell Gauché
Kopiereg 2009
Formaat: e-boek (PDF)
Bladsye: 92
Prys: R80
Die artikel is verskaf deur kidsnet.co.za Kopiereg word voorbehou.2006©
|